找歌词就来最浮云

《Die Jagtog》歌词

所属专辑: 歌手: Coenie De Villiers&Errol 时长: 03:15
Die Jagtog

[00:00:01] Die Jagtog - Coenie De Villiers/Errol Dyers

[00:00:15] My pa was 'n jagter

[00:00:18] Hy was 'n man van staal

[00:00:23] Daar was krag in elke spier

[00:00:24] Hy kon die rigting van 'n dier

[00:00:26] Soos 'n nimrod op die wind bepaal

[00:00:30] Soos die jagter van ouds

[00:00:34] Hy die spoor gesny

[00:00:38] En sekuur deur die veld

[00:00:40] Soos 'n ariese held

[00:00:42] Het my pa op die spoor gebly

[00:00:46] Om afrikaner te wees

[00:00:49] 'n boer uit een stuk

[00:00:54] Was die wil van bo

[00:00:56] So het pa geglo dit was meer as net blote geluk

[00:01:01] Moenie vrees nie my seun

[00:01:03] Moenie vrees nie my seun

[00:01:05] Jy kom jou vel te na

[00:01:07] Jy kom jou vel te na

[00:01:09] Jy is boer in murg en been

[00:01:12] Wat meer kan jy vra

[00:01:16] Ons het eendag gaan jag

[00:01:20] Net ek en my pa

[00:01:24] Met die geweer teen sy skouer

[00:01:26] Was hy wyser was hy ouer

[00:01:28] Hy was méér as wat 'n seun kon vra

[00:01:33] So skuins ná drie

[00:01:35] Het hy 'n blesbok gekwes

[00:01:40] Ons het die bloedspoor gesny

[00:01:42] Langs die heuwels verby

[00:01:44] En later het ons noord noord wes

[00:01:47] Ons gewonde prooi gevolg

[00:01:50] Tot diep in die bos

[00:01:55] Waar die laatmiddagson soos net die laeveld kon

[00:02:00] Skadu's tussen bome los

[00:02:03] Moenie vrees nie my seun

[00:02:05] Moenie vrees nie my seun

[00:02:06] Jy kom jou vel te na

[00:02:08] Jy kom jou vel te na

[00:02:10] Jy is boer in murg en been

[00:02:13] Wat meer kan jy vra

[00:02:19] Maar skielik was ek bang

[00:02:21] Want in my hart het ek geweet

[00:02:26] Ons het rigting verloor

[00:02:28] Ons was áf van die spoor

[00:02:30] Pa het die pad huis toe vergeet

[00:02:34] Ja skielik was ek bang

[00:02:36] Al was dit moeilik om te glo

[00:02:41] Dat my pa kon verdwaal

[00:02:43] Dat my pa ook kon faal

[00:02:45] Maar miskien voel baie kinders tog só

[00:02:49] Moenie vrees nie my seun

[00:02:51] Moenie vrees nie my seun

[00:02:52] Jy kom jou vel te na

[00:02:54] Jy kom jou vel te na

[00:02:56] Jy is boer in murg en been

[00:02:59] Wat meer kan jy vra

[00:03:04] Wat meer kan jy vra

随机推荐歌词: