找歌词就来最浮云

《Ballade Van ’n Koningsdogter》歌词

所属专辑: Tweeduisend-En-Tien! 歌手: Laurika Rauch 时长: 03:33
Ballade Van ’n Koningsdogter

[00:00:00] Ballade Van 'n Koningsdogter - Laurika Rauch

[00:00:01] Written by:Laurika Rauch/I D Du Plessis

[00:00:06] O bly het die koning se lippe gelag

[00:00:09] En hoog het bokale geswaai

[00:00:12] Kom ledig die beker se vonk'lende prag

[00:00:15] En bring hier my dogter so fraai

[00:00:18] Met 'n fa la falalala en die sang van 'n silwer basuin

[00:00:23] Het die koning se bode die lelie gaan haal

[00:00:26] Wat pryk in die koning se tuin

[00:00:31] O bly het die koning se dogter gespeel

[00:00:33] Die mooiste blom in die tuin

[00:00:36] Toe hoor sy 'n stem wat nog liefliker streel

[00:00:39] As die sang van 'n silwer basuin

[00:00:42] Met 'n fa la falalala en die oë so sag en so bruin

[00:00:47] Het die koning se bode die lelie gaan haal

[00:00:50] Wat pryk in die koning se tuin

[00:00:55] Die koning laat vra of sy dogter sal kom

[00:00:58] Sy majesteit vier fees

[00:01:00] En soeter nog is die wyn vir hom

[00:01:03] As sy dogter daar kan wees

[00:01:06] Met 'n tra la tralalala

[00:01:09] En die gloed van sy stem in haar hart

[00:01:12] Het die koning se dogter

[00:01:13] Die bode gevolg en vry was sy van smart

[00:01:19] En teer het die oë wat haar verbly

[00:01:22] Die lelie aangekyk

[00:01:25] Sy was die bloeisel so rein en hy

[00:01:27] Die stingel in die slyk

[00:01:30] Met 'n tra la tralalala

[00:01:33] En die gloed van sy stem in haar hart

[00:01:36] Het die koning se dogter haar minnaar gevolg

[00:01:38] En vry was sy van smart

[00:01:49] En gou het die koning opgespring

[00:01:51] Om sy dogter te begroet

[00:01:54] En die prinses na die troon te bring

[00:01:57] Met die bode aan haar voet

[00:02:00] Met 'n ra ta ratatata

[00:02:02] En die swaai van 'n rooi banier

[00:02:05] Het 'n hoë besoeker daar aangekom

[00:02:08] Om met hul fees te vier

[00:02:13] Trots het die koning opgestaan

[00:02:15] En almal luister nou

[00:02:18] O howelinge hoor my aan

[00:02:21] Die blom van my huis gaan trou

[00:02:24] Met 'n ra ta ratatata

[00:02:26] En die swaai van 'n rooi banier

[00:02:29] Het die hoë besoeker uitgetree

[00:02:32] O koning ek is hier

[00:02:36] En bleek het die koning se dogter geword

[00:02:39] En wild was haar oë nou

[00:02:41] My laaste druppel bloed sal ek stort

[00:02:44] Eer ek met die ridder trou

[00:02:47] Met 'n fa la falalala

[00:02:50] En die sang van 'n silwer basuin

[00:02:52] Het die koning se bode gaan staan by sy blom

[00:02:55] Gepluk uit die koning se tuin

[00:02:59] O wreed het die koning se oë gevlam

[00:03:02] En hoog het sy sabel geblink

[00:03:04] Soos die kruin van 'n wilker gesny van sy stam

[00:03:07] Het die bode neergesink

[00:03:10] Met 'n tra la tralalala

[00:03:12] En 'n kilte wat kruip oor haar hart

[00:03:15] Het die koning se dogter gesing en gelag

[00:03:18] Gesing en gelag

[00:03:20] Gesing en gelag

[00:03:24] Met die singende stem van die smart